Wees Lig

Wees Lig

Waar kom die naam Wees lig vandaan en wat beteken dit vir my?

Wel hierdie het soos ‘n klomp legkaartstukkies vir my by mekaar begin inpas, toe ek begin dink het aan ‘n naam vir my besigheid.

Oorspronklik het ek gedink “Wees lig” , want ek sien soveel vrouens om my met die wereld op hulle skouers en moegheid in hulle oe. Wat swaar dra aan hulle tekort van SELF-LIEFDE en SELF-RESPEK.
‘n Donker gemoed.

Ons sukkel om ons self ‘n prioriteit te maak tussendeur die werk, kinders, man, huishouding,vriendinne en finansies. Net om ‘n paar voorbeelde te noem. Meeste van ons probeer net elke dag oorleef! Persoonlik voel ek dat 9 uit die 10 vroue se ware self, diep ‘n `n ver donker kamer opgesluit leef, met geen kans of geleentheid om ‘n lig vir die wereld te wees nie.

So besluit ek toe op die naam, kort daarna besef ek toe dat my bynaam op skool “Son” was. Bevestiging…

Tussen deur alles gesels ek en my man een aand oor die boodskap van ons troupreek: “Wees die lig vir die wereld”
Weer bevestiging…

God se plan met my

Laastens kruis my pad toe met Magé Troskie waar sy in ‘n toespraak die volgende woorde geskryf het: “Lig jou ken, en ken jou lig!”
Wow in daardie 7 woorde som sy presies op wat ek wil bereik en ook aan mense oordra. Met haar toestemming mag ek hierdie woorde gebruik. Dankie Magé! Luister gerus na haar toespraak...

Na dit alles het ek geweet, God is by my en hy het ‘n plan met my!