My storie

My storie

Kom ek deel my storie met jou

Liewe mens wat nou die tyd neem om my storie te lees…Vir jou wil ek se: Dankie! Ek hoop dat ek jou eendag kan ontmoet en dat jy jou storie ook met my kan deel.

Ek is maar net ‘n doodgewone plaasmeisie, wat verlief geraak het op ‘n Predikant en so dan nou ‘n predikant se vrou geword het.
In elk geval soos enige ander kind het ek ook maar deur die verskillende fases en stadiums van grootword en skooljare gegaan. Vir solank as wat ek onthou was ek, maar altyd effens en soms baie swaarder as my die meisies om my. Sommige seisoene van my lewe het ek gedink ek is vreeslik oorgewig en as ek nou terug kyk op foto’s dan dink ek…Hoekom het ek dit gedink? Daar was maar altyd ‘n maerder, mooier, langer, meer sportiewe vriendin of niggie. Ek is seker jy wat hier lees weet waarvan ek praat!

Gelukkig het ek van redelik jonk af besef, dat elke liewe mens een of ander “issue” het oor hulleself. Dis ‘n menslike swakheid…Nogtans maak dit nie ‘n maklike stryd nie.

Van die kan jy my niks vertel nie…en bly dit tot vandag toe my stryd. Dit daar gelaat.

My lewe se fasette

In my lewe met al sy fasette:
# As onderwyseres destyds
# As Predikant se vrou
# As ‘n mamma
# As ‘n vrou in ‘n huwelik

... het ek op ‘n daaglikse basis ervaar hoe hard ons as vrouens op onsself is en ook op mekaar. 95% van die tyd is ons onsekerheid en hoe ons onsself sien as gevolg van iemand / ‘n ander vrou vir ons gese het of hoe sy jou aangekyk het.

Ongelukkig soos die Engelse se: “ Life happens.”

Deur ons swak menslike verstand is ons sensitief, onseker en en beinvloedbaar oor wie ons veronderstel is om te moet wees vir die wereld daarbuite. Ons het heeltemal vergeet wie ons in God is, en dat dit AL is wat weklik saak maak.

Maak nie saak hoeveel geld, aansien jy het of hoe maer, mooi, geleerd, geoefen of suksesvol ons is nie, daar sal altyd iemand beter wees. Dit definieer nie wie ons is nie. Wat ons wel definieer is wie wil God he ons moet wees? Wat Wat is Sy plan vir jou aardse lewe ,om Sy Koninkryk te verheerlik?

Om na Sy beeld “IMAGE” geskape te wees, is tog soveel groter en meer waardevol om na te streef, as die wereld se verwagting? Tog het ieder en elke van ons bloot die natuurlike behoefte om aanvaar te word. Om te behoort.

Om onsself te kan wees en te mag lief wees vir jou self! Ons wil net wees. Wees wie God ons gemaak het om te wees.